Plaaslike bands rock saam grotes

Selfs Old Joe is getooi vir vanjaar se BosRock. Ghost het hom oudergewoonte uitstekend van sy taak gekwyt.

Twee plaaslike bands, Gibraltar en Goat N Hare is gereed vir een van hulle grootste optredes nog: in die eerste en enigste BosRock.

Dit vind op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge plaas waar dié twee groepe by grotes soos Jonathan Peyper, The Black Cat Bones, Riders Mel Botes, Valiant Swart, Piet Botha, Robin Auld en Akkedis gaan aansluit vir ‘n partytjie wat die dak gaan lig.

Goat N Hare se benadering is om basies pret met die skryf en opvoer van hulle eie musiek te hê, en groot name in hulle eie styl te huldig.
“Ons is verheug dat ‘n rock-show na Mbombela toe kom en dat ons daarin kan deelneem,” het die groep se Freddy Loffler gesê. “Dit is die tipe musiek waarvoor ons lief is.”

Die wenner van die 2017 Vodacom Battle of the Bands-kompetisie bestaan uit Loffler en hoofkitaarspeler Sunny Alexander Principe, Mongesi Mork Chiloane op baskitaar, Barry Odendaal op die tromme, Prince Anang Fio op die trompet en slaginstrumente, en sanger Mize Negrao-Principe. Gibraltar se geheim dat die groep na 25 jaar steeds bestaan, is dat niemand groter as die groep is nie.

“Ons is almal nederig, of probeer wees, en ons het ‘n wonderlike band,” sê Bert Ford.
Almal wat Gibraltar al sien optree het, kan getuig van die unieke klank wat dié ses manne op ‘n verhoog optower. Die lede het oor die jare verander. Ford (op baskitaar) het saam met Jaime Negrão (sang en kitaar) en Wynand van Staden (dromme) die groep  25 jaar gelede begin. Neil Fishwick (perkussie en mondfluitjie) het later bygekom, en Peter Salzwedel (tromboon) en Gene Mathey (trompet) het sowat agt jaar gelede ook aangesluit.

Sedertdien het Gibraltar hulle eie styl ontwikkel en het hulle al regdeur die land getoer. Hulle grootste optredes was by die Standard Bank Jazz-fees waar Hugh Masekela twee jaar gelede ook gespeel het. Hulle het al by Innibos opgetree, vir Dan Patlansky geopen, en verlede maand op Dozi se plaas, Back to the Roots gespeel.

Nou is hulle op pad BosRock toe, die eerste ou-skoolse harderockkonsert wat in Oktober in the Laeveld plaasvind.
Gibraltar is opgewonde dat die dag se hooffokus op rockmusiek is. Van hulle musiekliefhebbers kan die dag heelwat nuwe materiaal verwag – nie nuwe liedjies nie, maar goed wat hulle nie gereeld speel nie.
“Ons speel covers ook, maar ons maak dit ons eie.”

Moet nie BosRock op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge misloop nie, van 12:00 tot laat. Mahindra Nelspruit, Kwanyoni Lodge, Storm Produktionz, Laevelder en Panarottis i’langa span saam om dit ‘n dag vir die boeke te maak.

Konsertgangers kan die dag ook gratis by i’langa Mall parkeer om teen slegs R20 met Citybug Kwanyoni toe en terug vervoer te word. BosRock-kaartjies beloop tussen R100 en R300 en is by Computicket, Laeveld Media en Mahindra beskikbaar.

Lees ook: Geheimsinnige R2-munstukke in Dis-Chem laat mense gons

  AUTHOR
Nelspruit Post

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: