‘n Blommerangskikking ter viering van die geur van ‘n vrou

Bennie Boekwurm Speelgroep se damestee 8 September was ‘n bewys dat alhoewel die pad na ‘n man se hart deur sy maag is, ‘n vrou s’n deur al haar sintue is.

Sy wil mooi voel, lyk en ruik, dan wil sy iets insiggewend en sag op die oor hoor en ook, natuurlik, aan iets lekkers smul.

Uitstallers het by die Baptiste Kerk verseker dat die dames lekker kan ruik, lyk en voel. Toxic Fudge se verskeidenheid fluweelhappies was moeilik om te weerstaan. Hulle het boksies opgemaak met elkeen van hulle geure – slim, want elke geur is lekkerder as die vorige een!

Liezl Burger en Charné Coetzee van Toxic Fudge.

Dan het Ilize Erasmus haar natuurlike handgemaakte sepe uitgestal. Dié koekies laat jou nie net lekker ruik nie, maar voel ook.

“Daar is baie mense wat sê hulle goed is natuurlik maar bevat steeds chemikalieë en gebuik loog wanneer hulle dit maak,” verduidelik Erasmus. Haar produkte kan gebruik word al het jy velprobleme soos ekseem en is selfs veilig genoeg om baba mee te bad.

Ilze Erasmus se Gazania-reeks handgemaakte sepe was ‘n regte bederf.

Esperanza Steenkamp was ook by die damestee en het haar unieke juwele saamgebring. Elk uit leer met die hand gemaak, was daar baie stukke wat enige uitrusting sal laat sing.

Die dames van 1000 Steps Shoes was teenwoordig en ‘n bederfie vir die wat oortuig was dat skoene net mooi óf gemaklik kan wees, nie altwee nie.

Van Esperanza Steenkamp se juwele.

Dames kon hulle hande nie van die items af hou wat Boutique Lila Lief uitgestal het nie. Oud en jonk het die pragtige klere en bykomstighede bewonder en was heel tevrede om dié oulike winkeltjie wat in The Blue Gate-kompleks skuil, te ontdek.

Heidi Angus and Tamarisk de Goede bekyk Boutique Lila Lief se pragtige skoene.

Die sprekers het nou weer voorsien aan heelwat om oor na te dink. Eerstens het Grace Jacobs die oggend met Retief Burger se lied “U is Alles vir My” as gebed geopen. Met Geur van ‘n Vrou as tema het sy ook stories gedeel van geure en die kosbare herinnering, asook vrae, wat hulle oproep.

“Ek kyk nou terug en besef daai koshuiskind wat soos ‘n queen gevoel het by die dans met haar gesteelde banksakkie vol apteekparfuum, was nie eg nie. Vra jouself, ‘wat is jou regte geur?’ Ontdek jouself, wees jouself,” het sy beaam.

Hoof van Bennie Boekwurm-kleuterskool, Eulalia Jordaan en gasspreker Hettie Cronjé.

Volgende het Hettie Cronjé, wat van Pretoria af gekom het vir dié jaarlikse fondsinsamling, vertel van die geur van Christus. Sy het die vrugte van die gees met dié geur vereenselwig en beklemtoon hoe belangrik dit is vir ons om ons harte met Christus se parfuum te balsem.

“So berei ons onsself voor vir ons bruidegom, met ons gedagtes en dade.” Sy het baie spesiale botteltjies essensiële olies verkoop, as deel van haar Kadosh Creations-reeks, en vele vroue het haar insiggewende en interessante praatjie geniet.

Lid van Drie Divas en gasspreker vir die dag, Karien van Niekerk.

Karien van Niekerk, die vrou agter Doloris se Dagboek wat mammas weer hoop gee, het nie net met haar pragtige stem die 140 dames vermaak nie, sy het ook drie wenke benadruk: “Wees wie jy is, chuck dit wat jy van jouself haat, en kyk na die mooi in mense.”

Sy het vroue herriner dat al die baie rolle wat ‘n vrou (en ma veral) moet vertolk, daartoe kan lei dat jy jou geur verloor, maar het beklemtoon dat “daar nie iets soos ‘n perfekte ma is nie, net perfekte liefde”.

Hoof Eululia Jordaan, gasspreker Hettie Cronjé, en personeellede Hazilee van Leeuwen, Elsa Smith en Johlene de Villiers, met verhoogpersoonlikheid Karien van Niekerk.

Die damestee was perfek afgerond deur al die gasvroue wat lipleklekker happies voorsien het en met entoesiasme die tafels versier het. “Van die verhoog af lyk dit waarlik soos ‘n blommerangskikking. Elke tafel is so mooi en elke dame ook! Alle eer aan die Here,” het hoof Eulalia Jordaan gesê.

Wat ‘n troosing was dit ook nie om te weet dat al voel jy niemand sien jou nie, dat jy altyd ‘n geur nalaat. En dat daai geur uniek en kosbaar is. “Wees jy wie jy is. Wees die botteltjie parfuum wat Vader geskappe het,” het Karien opgesom.

Dié tafel se dames was uiters kreatief. Die pragtige mintgroenblomme, is eintlik delikate G-strings!

 

  AUTHOR
Nicola du Toit

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: