Chaos breek uit tydens klubrugbywedstryd

Foto deur Mariska Sadler.

STEELPOORT – Spankaptein van Barberton Rugbyklub (BRK), Jaice Terblanche wat eersdaags saam met die SARL Rhinos na Australië sou vertrek om met van dié land se bestes kragte te meet, se drome lê moontlik aan skerwe.

Plaaslike ster verteenwoordig binnekort sy land

Dit nadat chaos Saterdagmiddag op Laerskool Steelpoort se rugbyveld uitgebreek het toe Orighstad se Ratels en BRK se spelers in ‘n vuisgeveg betrokke geraak het.
“In die 11 jaar as borg van Barberton Rugbyklub het ek nog nooit so iets gesien nie,” het Shaun van Rooyen, eienaar van VR Cargo en ooggetuie gesê.
Orighstad se lynregter het die middag nie opgedaag nie en Van Rooyen het ingestaan. Hy vertel hoe dié klubkragmeting in die 45ste minuut weens ‘n geweldadige bakleiery gestop moes word.
Die vermeende skuldige partye se name en posisies is aan Laevelder bekend, maar sal nie onthul word nie, hangende ‘n tugverhoor wat Woensdag plaasvind.

Van Rooyen vertel hoe een van die Ratels se vastevyf kort voor rustyd vir die tweede maal in die wedstryd vir vuilspel koelkas toe gestuur is.

Hy het weer ‘n onwettige duikslag uitgeoefen en is kort na Barberton weer agter die doellyn, wat die gaping van dié nederlaag na 34-7 vergroot het.

Die molesmaker het vir onbekende redes glo van die stoutstoel af op-gestaan en vuishoue begin uitdeel, waarna die res van die Ratels se manne, impakspelers ingesluit, inderhaas by die geveg aan-
gesluit het.

Hulle het na bewering stoele opgetel en as wapens gebruik. “‘n Agterspeler van Barberton is terwyl hy op die grond gelê het, met vuiste bygedam en in die gesig en rug geskop,” vertel Van Rooyen.
Kaptein van die besoekers en sterspeler in die Laeveld, Terblanche, het die geveg probeer keer toe ‘n agterspeler hom so hard van agter af met die vuis bydam, dat hy frakture aan sy kakebeen opgedoen het.
Die skeidsregter het die wedstryd in die guns van BRK gestop.
Teen druktyd was Terblanche in Mediclinic Nelspruit opgeneem waar hy glo twee plate in sy kakebeen moes ontvang. Hy was in teater en kon nie kommentaar lewer nie.


Twee ander spelers, Pierre Labuschagne en Hans Meyer het ernstige beserings in die gesig opgedoen en moes onder meer vir X-strale gaan en steke kry.
Albei spanne se bestuurders het teen druktyd die geleentheid om kommentaar te lewer van die hand gewys, hangende die tugverhoor.

Lees ook: Glorie wink vir die iCollege Pumas

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Taai stryd by rugbyfees

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: