Plaaslike aktrise deel hart van vrouewees in toneelstuk

Deloris de Lange moet op ‘n daaglikse basis vloermoere, kopluise en vuil onderbroeke hanteer. Sy is ‘n gewone ma met drie kinders, insluitend ‘n laatlam, en staar daagliks probleme rondom vrou- en mawees in die gesig.

LEES OOK: Kies en keur uit die beste van Innibos

Deloris de Lange is een van die drie alter ego’s van die plaaslike aktrise Karien van Niekerk wat saam speel in haar verhoogstuk Deloris se Dagboek.

“Die stuk het die lig gesien nadat ek op 40 jaar met ‘n laatlam swanger geraak het. Ek het nota’s geskryf en vinnig besef dat alle vroue dieselfde uitdagings in die gesig staar,” sê Van Niekerk.

Deloris de Lange sluit op die verhoog aan by twee ander vroue Deloris Duvenhage en Deloris Davidson.

Karien van Niekerk.

Deloris (néé De-lo-rez) Duvenhage woon in ‘n spogwoonbuurt en is getroud met ‘n man wat die baas van baie sakeondernemings is. Haar huishulp Grieta doen vir haar alles en het ‘n diploma in vlekverwydering, krisisbeheer en feng sjoei-broodjies. Maar Deloris Duvenhage se lewe is glad nie so glansryk soos dit lyk nie.

LEES OOK: Die Konsert Huiz se nuutste produksie by Belgrace

Deloris Davidson is van die Kaapse Vlakte. Sy is die eienaar van ‘n vis-en-skyfieswinkel en wanneer die menopouse haar tref, sit sy op haar stoep, eet snoek en drink wyn. Deloris Davidson is die persoon wat die hele dorp se hartseer op haar skouers dra, maar moet ook haar eie hartseer saamdra wanneer haar seun in ‘n bendeaanval sterf.

“Maak nie saak waar ons vandaan kom nie, ons almal lag en huil vir dieselfde goed en dit is wat ek graag met vroue wou deel.”

Van Niekerk kan vir besprekings en funksies geskakel word by 072-755-0607.

  AUTHOR
Arisa Janse van Rensburg
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hannelie Groenewald praat oor 12 jaar in Afghanistan

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: